jesus image

Alle verwysings op hierdie bladsy kom uit die Nuwe Vertaling

Openbaring 3:20
"Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop.  As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal jou, en hy saam met My."

Hebre�rs 13:5
"Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het.  God self het ges�:  Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie."

Johannes 14:21
"Wie my opdragte het en dit uitvoer - dit is hy wat My liefhet.  En wie My liefhet, h�m sal my Vader liefh�, en Ek sal hom ook liefh� en My aan hom openbaar."

Kolosense 1:27
"God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe se�nryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is.  Die inhoud daarvan is:  Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid."

Kolosense 1:14
"Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes."

Johannes 1:12
"Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word."


Handelinge 2:14-36
"Toe staan Petrus saam met die elf ander apostels op en onder leiding van Heilige Gees spreek hy die mense toe:  Jode en julle almal wat in Jerusalem woon, ek moet vir julle verduidelik wat gebeur het.  Luister na wat ek gaan sê:  Hierdie mense is nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar nege-uur in die môre.  Nee, hier gebeur wat God deur die profeet Joël gesê het:  Só sal dit in die laaste dae wees, sê God:  Ek sal my Gees uitstort op alle mense:  julle seuns en julle dogters sal as profete optree; julle jongmense sal gesigte sien; julle oumense sal drome droom.  Ja, op my dienaars en my dienaresse sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal as profete optree.  Ek sal tekens bo in die lug en wonders onder op die aarde gee:  bloed en vuur en rookwolke.  Die son sal pikdonker word en die maan bloedrooi voordat die groot en glorieryke dag van die Here kom.  So sal dit dan wees:  elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.  Israeliete, luister na hierdie woorde!  God het Jesus van Nasaret aan julle bekend gestel deur die kragtige dade, die wonders en die tekens wat God Hom by julle laat doen het.  Daarvan weet julle self.  God het besluit en dit vooruit bepaal om Hom aan julle uit te lewer, en julle het Hom deur heidene aan die kruis laat spyker en Hom doodgemaak.  Maar God het Hom van die smarte van die dood laat opstaan.  Dit was immers vir die dood onmoontlik om Hom gevange te hou.  Van Hom sê Dawid:  Ek het die Here altyd voor oë.  Hy is aan my regterhand; ek sal nie wankel nie.  Daarom is my hart bly en my tong jubel, ja meer, ek het die verwagting dat my liggaam sal lewe, want U sal my nie aan die doderyk oorlaat nie; U sal nie toelaat dat u troue dienaar vergaan nie.  U het my die paaie van die lewe geleer; u teenwoordigheid sal my met vreugde vul.  Broers, wat ons voorvader Dawid betref, moet ek dit vir julle duidelik stel:  Hy het gesterwe en is begrawe, en sy graf is nou nog hier by ons.  Maar hy was 'n profeet en hy het geweet dat God met 'n eed aan hom belowe het dat een van sy namkomelinge op sy troon sou sit.  Daaom het hy die opstanding van die Christus vooruit gesien en gesê:  Hy is nie aan die doderyk oorgelaat nie, en sy liggaam het nie vergaan nie.  God het hierdie Jesus uit die dood laat opstaan; daarvan is ons almal getuies.  Hy is verhoog aan die regerhand van God en Hy het die Heilige Gees wat belowe is, van die Vader onvang en uitgestort.  Dit is wat julle nou sien en hoor.  Dawid het nie na die hemel toe opgevaar nie, en tog sê hy:  Die Here het vir my Here gesê  Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het.  Die hele Israel moet nou vas en seker weet:  God het hierdie Jesus, wat julle gekruisig het, Here en Christus gemaak!"


Lukas 18:31-33
"Jesus het die twaalf opsy geneem en vir hulle gesê:  Kyk, ons gaan nou Jerusalem toe, en alles wat die profete oor die Seun van die mens geskryf het, sal daar bewaarheid word.  Hy sal uitgelewer word aan die heidene; Hy sal bespot en beledig word; hulle sal op Hom spoeg, Hom gesel en Hom daarna doodmaak.  En op die derde dag sal Hy uit die dood opstaan."


Johannes 5:24
"Dit verseker Ek julle:  Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe.  Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan."


1 Johannes 1:1
"Van die begin af was Hy daar.  Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak.  Hy is die Woord, die Lewe."


Johannes 10:10
(Jesus sê)"...Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed."

2 Korintiërs 5:17
"Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens.  Die oue is verby, die nuwe het gekom."

1 Tessalonisense 5:18
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag."

Johannes 15:7
"As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry."

Handelinge 17:11
"Die mense daar was ontvankliker as dié in Tessalonika.  Hulle het met groot belangstelling na die woord geluiser en elke dag die Skrif ondersoek om te sien of dit is soos Paulus sê."

Matteus 4:19
"Hy sê toe vir hulle:  Kom hier!  Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak."

Johannes 15:8
"My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is"

1 Petrus 5:7
"Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle."

Galasiërs 5:16-17
"Wat ek bedoel, is dít:  Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie.  Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer.  Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar, en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie."


Handelinge 1:8
"Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld."


Romeine 5:8-10
"...en die hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.  Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe.  'n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie.  Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe.  Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sonddaars was."


Hebreërs 10:1-25
"Die wet van Moses is slegs 'n skadubeeld van die weldade wat sou kom, nie 'n werklike beeld daarvan nie.  Voortdurend, jaar na jaar, word dieselfde offers gebring, en tog kan die wet dié wat die offers bring, nooit volkome van sonde vry maak nie.  As dié wat offers bring, eens en vir altyd gereinig en nie meer van sondes bewus was nie, sou hulle immers opgehou het om offers te bring.  Maar nou herinner die offers juis jaar na jaar aan die sondes, omdat die bloed van bulle en bokke onmoontlik die sondes kan wegneem.  Daarom sê Christus met sy koms in die wêreld:  Dit is nie diereoffer en graanoffer wat U wou hê nie, maar die liggaam wat U My gegee het.  Brandoffers en sondeoffers het U nie behaag nie!  Toe het Ek gesê:  Kyk, Ek het gekom, o God om u wil te doen.  In die boekrol is dit van My geskrywe.  Eers sê Hy:  Diereoffers en graanoffers, brandoffers en sondeoffers wou U nie hê nie en het U nie behaag nie, hoewel hierdie offers deur die wet voorgeskryf word.  Daarna sê Hy:  Kyk, Ek het gekom om u wil te doen.  Hy skaf dus die eerste offers af om 'n ander offer in die plek daarvan te stel.  Omdat God dit so wou, is ons vir Hom afgesonderdeurdat Jesus Christus sy liggaam as offer gebring het, eens en vir altyd.  Verder, elke priester staan dag vir dag sy diens en verrig, en bring elke keer weer dieselfde offers, wat tog nooit die sondes kan wegneem nie.  Maar Jesus Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regerhand van God gaan sit.  Nou wag Hy daar totdat sy vyande aan Hom onderwerp is.  Deur die één offer het Hy dié wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vry gemaak.  Ook die Heilige Gees betuig dit aan ons.  Eers sê Hy:  Dit is die verbond wat Ek met hulle na daardie dae sal sluit, sê die Here.  Ek sal hulle my wette in die hart gee, in hulle verstand sal Ek dit skrywe.  Dan sê Hy verder:  Aan hulle sondes en hulle oortredings sal Ek nooit meer dink nie.  Waar die sondes vergewe is, is geen offer daarvoor meer nodig nie.  Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, en dit op 'n weg wat nuut is en na die lewe lei.  Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam.  En terwyl ons Hom ook as groot priester oor die huis van God het, laat ons tot God nader met 'n opregte hart en met volle geloofsekerheied.  Ons harte is immers gereinig van 'n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoonwater.  Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou:  Hy doen wat Hy beloof het.  Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.  Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des temeer namate julle die oordeelsdag sien nader kom."

1 Johannes 1
"Van die begin af was Hy daar.  Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak.  Hy is die Woord, die Lewe.  Die Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is.  Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê.  En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus.  Dit skryf ons sodat ons blydsap volkome kan wees.  Dit is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig:  God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.  As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie.  Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde.  As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie.  Maar as ons ons sondes bely - Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.  As ons beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar en is sy woord nie in ons nie."

1 Johannes 2:1-3
Dit skrywe ek aan julle, my liewe kinders, dat julle nie moet sondig nie.  En as een van ons sondig - ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons voorspraak by die Vader.  Hy is die versoening vir ons sondes; en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.  As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken."


2 Petrus 1:9
"Iemand wat hierdie dinge nie sy eie gemaak het nie, is kortsigtig; nog erger, hy is blind en het vergeet dat hy van sy vroeëre sondes gereinig is."

1 Korintiërs 3:1-3
"Broers, ek kon met julle nie praat soos met mense wat hulle deur die Gees van God laat lei nie; ek moes praat soos met wêreldse mense, soos met kindertjies in die geloof in Christus.  Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste kos nie, want julle kon dit nog nie verteer nie.  En julle kan dit ook nou nog nie verteer nie, want julle is nog wêreldse mense.  Daar kom jaloesie en twis onder julle voor.  Is dit nie omdat julle nog wêrelds is en julle wêrelds gedra nie?"

Romeine 7:15-24
"Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek.  Dat ek nie wil doen wat ek doen nie, beteken dat ek toegee dat die wet goed is.  Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.  Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie.  Daar is by my wel die wil  om die goeie te doen, maar ek doen dit nie.  Die goeie wat ek wil doen doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek.  En as ek nou doen wat ek nie wil doen nie, dan is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sondige wat in my woon.  So vind ek dan hierdie wet in my:  ek wil die goeie doen, maar al wat ek doen, is die slegte.  Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God, maar ek vind in my doen en late 'n ander wet, wat stryd voer teen die wet van my gees.  Dit maak my 'n gevangene van die wet van die sonde wat in my doen en late aan die werk is.  Ek, ellendige mens!  Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos?"

Galasiërs 5:16-18
"Wat ek bedoel, is dít:  Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie.  Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer.  Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar, en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie.  Maar as julle julle deur dei Gees laat lei, staan julle nie meeronder die wet nie"



Lukas 24:1-11
"Die Sondagmôre baie vroeg het die vroue na die graf gegaan met die reukolie wat hulle reggemaak het.  Daar kry hulle die klip weggerol van die ingang van die graf af; en toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie.  Hulle het nie geweet wat om daarvan te dink nie.  Meteens staan daar by hulle twee manne met blink klere aan.  Die vroue het groot geskrik en met hulle gesig na die grond toe gebuig.  Toe sê die manne vir hulle:  Waarom  soek julle die Lewende by die dooies?  Hy is nie hier nie.  Hy is uit die dood opgewek.  Onthou hoe Hy met julle gepraat het toe Hy nog in Galilea was en gesê het:  Die Seun van die mens moet uitgelewer word in die hande van sondige mense, gekruisig word, en op die derde dag opstaan.  Toe het hulle sy woorde onthou en van die graf af teruggegaan en al hierdie dinge vir die elf en al die ander vertel.  Maar vir hulle het hierdie verhaal na onsin gelyk en hulle het die vroue nie geglo nie."