jesus image

Wie is Jesus?

afrikaanse web-tuiste : Wie is Jesus van Nasaret vir jou?  Jou lewe op hierdie aarde en tot in alle ewigheid word deur jou antwoord op hierdie vraag geaffekteer. 

Wie, volgens jou, is...

Die mees uitstaande persoonlikheid in die geskiedenis van die mensdom?

Die grootste leier van alle tye?

Die grootste leermeester?

Wie het die meeste gedoen vir die mensdom?

Wie het die heiligste lewe in die geskiedenis van die mens gelei?

Besoek enige wêrelddeel vandag.  Praat met mense oor Godsdiens.  Dit maak nie saak hoe toegewyd hulle aan hulle eie godsdiens is nie, as hulle enigsins iets van geskiedenis weet, sal hulle moet erken dat daar nog nooit 'n mens soos Jesus van Nasaret was nie.  Hy is voorwaar die mees unieke persoonlikheid van alle tye!.

Jesus het die rigting van die geskiedenis verander.  Selfs die datum op jou oggendkoerant getuig van die feit dat Jesus op hierdie aarde 2000 jaar gelede geleef het - vC staan vir voor Christus; en nC vir na Christus.

SY KOMS WAS VOORSPEL

Eeue voor Christus se geboorte het die Israelitiese profete reeds Sy geboorte voorspel en aangeteken in die Skrif.  Die Ou Testament wat deur verskeie mense oor 'n tydperk van 1500 jaar geskrywe is, bevat meer as 3000 profesieë wat Sy koms beskryf.  Elkeen van hierdie profesieë het waar geword, insluitende Sy wondergeboorte, Sy sondelose lewe, Sy baie wonderwerke, Sy dood en Sy opstanding. 

Die lewe wat Jesus gelei het, Sy wonderwerke, die woorde wat Hy gespreek het, Sy dood aan die kruis, Sy opstanding en Sy hemelvaart - alles dui heen op die feit dat Hy nie bloot 'n gewone mens was nie, maar meer as 'n mens.  Jesus het gesê:  "Ek en die Vader is een" (Johannes 10:30).  "Wie my sien, sien die Vader" (Johannes 14:9), en "Ek is die weg en die waarheid en die lewe, niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie." (Johannes 14:6).

SY KOMS WAS VOORSPEL

Eeue voor Christus se geboorte het die Israelitiese profete reeds Sy geboorte voorspel en aangeteken in die Skrif.  Die Ou Testament wat deur verskeie mense oor 'n tydperk van 1500 jaar geskrywe is, bevat meer as 3000 profesieë wat Sy koms beskryf.  Elkeen van hierdie profesieë het waar geword, insluitende Sy wondergeboorte, Sy sondelose lewe, Sy baie wonderwerke, Sy dood en Sy opstanding. 

Die lewe wat Jesus gelei het, Sy wonderwerke, die woorde wat Hy gespreek het, Sy dood aan die kruis, Sy opstanding en Sy hemelvaart - alles dui heen op die feit dat Hy nie bloot 'n gewone mens was nie, maar meer as 'n mens.  Jesus het gesê:  "Ek en die Vader is een" (Johannes 10:30).  "Wie my sien, sien die Vader" (Johannes 14:9), en "Ek is die weg en die waarheid en die lewe, niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie." (Johannes 14:6).

SY LEWE EN BOODSKAP HET VERANDERING TOT GEVOLG

Wanneer mens nadink oor die lewe en invloed wat Jesus van Naseret, dié Christus deur die hele geskiedenis, sal jy agterkom dat Hy en Sy boodskap altyd groot veranderinge tot gevolg het in die lewens van mense en verskillende volke.  Waar ookal Sy leerlinge en invloed versprei het, is die heiligheid van die huwelik, vroueregte en die stem van die gemeenskap erken; skole en universiteite is tot stand gebring; wette om kinders te beskerm is gemaak; slawerny is afgeskaf en 'n menigte ander veranderinge is te weeg gebring wat die lewenskwaliteit van die mensdom verhoog het.  'n Voorbeeld hiervan is die van Lew Wallace, 'n bekende generaal en literêre genie, wat ook 'n uitgesproke ateïs was.  Vir twee jaar lank het Mnr. Wallace in die grootste biblioteke van Europa en Amerika gestudeer om inligting te versamel wat Christenskap vir ewig sou vernietig.  Terwyl hy besig was om die tweede hoofstuk van 'n beplande boek te skryf, het hy homself skielik op sy knieë bevind en uitgeroep na Jesus:  "My Here en my God!" 

As gevolg van onbetwisbare bewyse kon hy nie langer ontken dat Jesus die Seun van God was nie.  Later het hy die boek "Ben Hur" geskryf, een van die mees bekende Engelse literêre werke ooit, wat handel oor die tyd waarin Christus gelewe het. 

Net so het die ontslape C.S. Lewis, 'n professor by Oxford in Engeland, en 'n uitgesproke agnostikus ook die goddelikheid van Christus vir jare lank ontken.  Maar ook hy moes homself oorgee aan Jesus, as sy God en Redder, nadat hy die oorweldigende getuienisse oor Sy goddelikheid bestudeer het. 

HERE, LEUENAAR OF KRANKSINNIGE?

In sy bekende boek "Mere Christianity" maak Lewis hierdie stelling:  "'n Blote mens wat al die dinge gesê het wat Jesus gesê het, sal nie 'n groot morele leermeester wees nie.  Hy sou eerder 'n kranksinnige wees - op die vlak van iemand wat beweer hy is 'n hardgekookte eier - of hy sou die duiwel uit die hel wees.  Jy moet jou keuse maak. Of Hy was, en is, die Seun van God, 'n malmens of iets ergers.  Jy sou Hom kon afmaak vir 'n dwaas of jy kan voor Sy voete val en Hom aanbid as Here en God.  Dit sal dwaas wees om Hom af te maak as 'n 'groot menslike leermeester', Hy het nie aan ons daardie opsie oopgelaat nie. 

Wie is Jesus van Nasaret vir jou?  Jou hele lewe op aarde en tot in alle ewigheid word deur jou antwoord beïnvloed. 

Alle ander godsdienste was deur gewone mense geskep en is gebaseer op mensgemaakte filosofieë, reëls en norme vir gedrag.  Wanneer jy die skeppers van hierdie godsdienste uit hulle dissiplines en aanbiddingspraktyke neem sal jy sien dat min of niks sal verander nie.  Maar neem Jesus Christus uit Christenskap, en daar sal niks oorbly nie.  Bybelse Christenskap is nie net 'n filosofie van die lewe nie, ook nie 'n etiese standaard of gehoorsaamheid aan 'n godsdienstige gewoonte nie.  Nee, ware Christenskap is gebaseer op 'n lewegewende, persoonlike verhouding met 'n opgestane lewende Verlosser en Here. 

'n OPGESTANE GRONDLEGGER

Jesus van Nasaret is gekruisig, begrawe in 'n geleende graf en drie dae later het Hy uit die dood opgestaan.  Christenskap is uniek in hierdie opsig.  Enige argument oor die geldigheid van Christenskap berus op die bewys van die opstanding van Jesus van Nasaret.

Deur die eeue heen het meeste navorsers wat hulle bemoei het met die bewyse van die opstanding, geglo en glo hulle nog, dat Jesus lewe.  Nadat hy die bewyse vir die opstanding soos deur die evangelie-skrywers verskaf ondersoek het, het die gestorwe Simon Greenleaf, 'n outoriteit in regsgeleerdheid te Harvard, dit so saamgevat:  "Dit was dus onmoontlik dat Sy dissipels sou kon volhard daarin om hul vertellinge as waarheid te verkondig indien Jesus nie werklik uit die dood opgestaan het nie. Hierdie feit was vir Jesus se dissipels 'n realiteit, net soos enige ander feit."

John Singleton Copley, herken as een van die grootse regskenners in die Britse geskiedenis, het gesê:  "Ek weet wat bewyse is; en ek kan jou verseker, bewyse soos dié aangaande die opstanding van Jesus, is nog nooit afgebreek nie."

REDES OM TE GLO

Die opstanding staan sentraal tot die geloof van 'n Christen.  Daar is verskeie redes hoekom diegene wat die opstandingsgeskiedenis bestudeer, glo dat dit waar is:

VOORSPEL: Eerstens het Jesus self Sy dood en Sy opstanding voorspel en het beide Sy dood en opstanding plaasgevind, presies soos Hy voorspel het. 
(Lukas 18:31-33)

DIE LEë GRAF: Tweedens, die opstanding is die enigste aanneemlike verduideliking vir Sy leë graf.  As mens die Bybel-verhaal versigtig lees, sien ons dat die graf waar hulle Sy liggaam neergelê het, baie behoorlik deur die Romeinse soldate bewaak en met 'n enorme rotsklip verseël was.  Indien, soos sommige beweer het, Jesus nie dood nie maar slegs verswak was, sou die wagte en die rotsklip Hom gekeer het om te ontsnap - of enige reddingspoging deur Sy volgelinge gefnuik het.  Jesus se vyande sou nie die liggaam geneem het nie. As Sy liggaam nie in die graf was nie, sou dit net die geloof in Sy opstanding verder aangewakker het.

PERSOONLIKE ONTMOETINGS:  Derdens is die opstanding die enigste verduideliking vir die verskynings van Jesus aan Sy dissipels.  Na Sy opstanding het Jesus minstens tienkeer aan mense verskyn wat Hom geken het, en verder aan soveel as 500 mense by een geleentheid.  Die Here het bewys dat hierdie verskynings nie hallusinasies was nie.  Hy het met hulle gesels, saam geëet en Sy dissipels het Hom aangeraak (1 Johannes 1:1).

GEBOORTE VAN DIE KERK:  Vierdens, die opstanding is die enigste aanvaarbare verduideliking vir die ontstaan van die Christelike kerk.  Die Christelike kerk is verreweg die grootste instelling wat bestaan of nog ooit bestaan het in die wêreld.  Helfte van die heel eerste preek wat ooit gepreek is, het te doen gehad met die opstanding (Handelinge 2:14-36).  Duidelik het die kerk verstaan dat dít die fondament was waarop húl boodskap gerus het.  Dié wat vyandig was teenoor Jesus en Sy volgelinge, kon hulle enige tyd gekeer het deur bloot Jesus se liggaam na vore te bring.

VERANDERDE LEWENS:  Vyfdens, die opstanding is die enigste logiese verduideliking vir die transformasie van die dissipels se lewens.  Voor Sy opstanding het hulle Hom in die steek gelaat; na Sy dood was hulle ontmoedig en vreesbevange.  Hulle het nie verwag dat Jesus sou opstaan uit die dood nie.
(Lukas 24:1-11).

Na Sy opstanding en hul ondervinding tydens Pinkster, is daar egter 'n baie duidelike verandering in die lewens van hierdie verslae en  teleurgestelde manne en vroue, as gevolg van die magtige werking van die opgestane Christus.  Dit was in Sy Naam dat hulle die wêreld onderstebo gekeer het.  Sommige het hul lewens afgestaan vir hulle geloof; ander is vervolg.  Hierdie heldhaftige optrede maak nie sin nie, was dit nie vir elkeen se oortuiging dat Jesus Christus werklik uit die dood opgestaan het nie - 'n feit waardig genoeg om voor te sterf.

Na veertig jaar se werk met die intellektueles van die universiteitswêreld, moet ek nog 'n persoon teëkom wat, nadat hulle die oorweldigende bewysse van die goddelikheid en opstanding van Jesus van Nasaret bestudeer het, nie toegee dat Hy die Seun van God, die beloofde Messias, is nie.  Terwyl sommige wel nie glo nie, erken hulle nogtans:  "Ek het nog nie die nodige tyd opsy gesit om die Bybel te lees, of om die geskiedkundige feite rondom Jesus te oordink nie."

'n LEWENDE HERE:  Jesus se opstanding het tot gevolg dat ware volgelinge van Hom nie blindelings die etiese kode van 'n afgestorwe stigter na jaag nie, maar dat hulle in 'n lewendige verhouding met die Here Jesus Christus staan.

Jesus Christus lewe vandag en seën en verryk nogsteeds die lewens van almal wat Hom vertrou en gehoorsaam. Deur die eeue heen het miljoene reeds die waarde van Jesus begryp, baie van húlle, mense wat 'n groot impak op die wêreldgeskiedenis gehad het. 

Die Franse fisikus en filosoof Blaise Pascal het gepraat van die mens se behoefte aan Jesus toe hy gesê het: "Daar is 'n godgeskape vakuum in elke mens se hart, wat slegs God kan vul deur Sy Seun Jesus Christus."

Wil jy graag vir Jesus as jou persoonlike Verlosser en Saligmaker leer ken? So eenvoudig as wat dit mag klink, jy kan! Jesus is so gretig om 'n persoonlike, liefdevolle  verhouding met jou te bewerkstellig dat Hy reeds al die nodige voorbereidings getref het.

Om te weet hoe jy hierdie verhouding met Hom kan begin, kliek hier...