jesus image

Hoe om seker te wees dat Christus in jou lewe is

Het jy Christus in jou lewe ingenooi? Volgens sy belofte in Openbaring 3:20, waar is God nou met betrekking tot jou en jou lewe? Christus het gesê dat Hy in jou lewe sal inkom. Sal Hy jou mislei? Op grond van watter gesag weet jy dat God jou gebed verhoor het? (Die betroubaarheid van God homself en sy Woord).

Die Bybel belowe die ewige lewe

"En die getuienis behels dit: God het ons die ewige lewe gegee, en die lewe is in sy Seun. Wie die Seun het, het die ewige lewe, wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die ewige lewe nie. Hierdie brief skryf ek aan julle sodat julle mag weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo" (1 Johannes 5:11-13).

Dank God dikwels genoeg dat Christus in jou lewe is en dat Hy jou nooit sal verlaat nie (Hebreërs 13:5). Op grond van sy belofte, kan jy verseker wees dat Christus in jou is en dat jy die ewige lewe het vanaf die oomblik dat jy Hom in jou lewe ingenooi het. Hy sal jou nie mislei nie.

'n Belangrike herinnering...

Moenie op gevoelens staatmaak nie
Die belofte van God se Woord, die Bybel - nie ons gevoelens nie,  - is ons gesag. Die Christen lewe in die geloof (vertroue) en in die betroubaarheid van God self en sy Woord. Hierdie trein-diagram illustreer die verhouding tussen feit (God en sy Woord) en geloof (ons vertroue in God en sy Woord), en gevoel (die gevolg van ons geloof en vertroue)
(Johannes 14:21).

image

Die trein sal loop met of sonder die kolewa. Maar dit sou nutteloos wees om die trein te probeer trek met die kolewa. Op dieselfde wyse maak ons as Christene nie op gevoelens of emosies staat nie, maar ons plaas ons vertroue in die betroubaarheid van God en sy beloftes in die Woord.


Noudat jy Christus aangeneem het
Die oomblik toe jy Jesus in die geloof as 'n wilsbesluit aangeneem het, het baie dinge begin gebeur, insluitende die volgende:

  1. Christus het in jou lewe ingekom (Openbaring 3:20; Kolossense 1:27).
  2. Jou sondes is vergewe (Kolossense 1:14).
  3.  Jy het 'n kind van God geword (Johannes 1:12).
  4. Jy het die ewige lewe ontvang (Johannes 5:24).
  5. Jy het die groot avontuur waarvoor God jou geskape het, begin (Johannes 10:10; 2 Korintiërs. 5:17; 1 Tessalonisense 5:18).

Kan jy aan enigiets beter dink wat met jou kan gebeur as om Christus as Verlosser te aanvaar? Wil jy graag sommer nou vir God in gebed bedank vir wat Hy vir jou gedoen het? Deur God te dank demonstreer jy jou geloof.

Om jou nuwe lewe in volheid te geniet.


Voorstelle vir Christelike Groei
Geestelike groei is die gevolg van vertroue in Jesus Christus. "Die regverdige mens sal in die geloof lewe" (Galasiërs. 3:11). 'n Lewe vol van geloof sal jou in staat stel om God toenemend met elke besonderheid van jou lewe te vertrou  en om die volgende te beoefen:

Bid

Bid tot God daagliks (Johannes 15:7).

Lees

Lees God se Woord daagliks
(Handelinge 17:11). Begin met die Evangelie van Johannes.

Gehoorsaam

Gehoorsaam God elke oomblik
(Johannes 14:21).

Getuig

Getuig deur jou woorde en lewenswandel vir Christus (Matteus 4:19;
Johannes 15:8).

Geloof

Vertrou God vir elke aspek van jou lewe
(1 Petrus 5:7).

Heilige Gees

Heilige Gees - Stel jou onder sy beheer. Laat Hy jou bekragtig om die Christelike lewe te lei (Galasiërs 5:16,17; Handelinge 1:8).


Christelike samesyn in 'n goeie kerk

Hebreërs 10:25 waarsku:  "Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan..."  Baie hout wat saam brand, maak 'n groot vuur.  Wanneer een stomp uit die vuur gehaal en eenkant neergesit word, gaan dit gou dood.

Dieselfde geld vir jou verhouding met ander Christene.  Skakel in by 'n gemeente waar Jesus Christus as die seun van God erken en die Woord suiwer verkondig word.  Begin reeds hierdie week en beplan om gereeld eredienste by te woon.

Spesiale leesstof is beskikbaar vir Christelike Groei.

Indien jy persoonlik die Here aangeneem het deur hierdie voorstelling van die Evangelie, is daar ondersteunende materiaal vir Christelike Groei beskikbaar.  Vir meer inligting, skryf aan Campus Crusade for Christ S.A.; Posbus 4078, Halfway House 1685.

Bykomende Inligting


Jy sal graag hierdie belangrike ontdekking wil deel...

As hierdie bladsye betekenisvol en tot hulp vir jou was, deel dit asseblief met iemand anders.